Jay du Plessis
Hy is die stoutseun van Afrikaanse popmusiek wat enige partytjie behoorlik aan die gang kry. Dis al veertien jaar sedert hy sy solo-album uitgereik het (Solo in 2010, #DisHoeOnsRol in 2013, So Lank Sal Ek Jou Liefhê in 2017) en byna elke uitreiking spog met platinumstatus vir verkope.
Ná Eden het Jay op sy eie pad vertrek. En sedertdien eggo Jay se rekordsukses in elke projek wat hy aanpak, of dit nou die indrukwekkende versameling duette saam met Lianie May is, of sy eie materiaal.
Jay spog ook met buitengewone, uitsonderlike internetsukses en sy nuutste partytjietreffer, Stoutgat het net soos al sy voriges, die ligte uitgeskiet. Lê Bietjie Langer staan bykans op 17 miljoen strome en sy duet met Riaan Benade, Rowwe Bliksem, 'n allemintige 29 miljoen strome.
Met talle SAMA en Huisgenoot Tempo-toekennings asook vyf platinum en drie dubbelplatinum albums agter sy naam, hou Jay duidelik van goeie geselskap.
Jay - Dans Die Vlamme Dood (Lirieke Video)
Jay - Sou Vir Jou (Lirieke Video)
Jay du Plessis - Dis Hoe Ons Rol (Afrikaans is Groot 2013) #afrikaansisgroot #afrikaans #live #
Jay - Stoutgat (Liriekvideo)
Jay - Dis Hoe Ons Rol (Offisiële Musiekvideo)
Jay - Is Ek Nie Die Een (Offisiële Musiekvideo)
Da Vat Hy (Live At Sun Arena - Time Square, Pretoria / 2019)
Eden Medley (Live At Time Square Sun Arena, Menlyn Maine / 2018)
Jay du Plessis - Lê Bietjie Langer (Live At Time Square Sun Arena, Menlyn Maine / 2018)
Jay - Lê Bietjie Langer
Jay - So Lank Sal Ek Jou Liefhê