Novalis – тема
Novalis was 'n Duitse musiekgroep wat in die 1970's sukses met simfoniese progressiewe rockmusiek en Romantiese liriese liedtekste behaal het. Hul bekendste langspelers het Sommerabend en Wer Schmetterlinge lachen hört ingesluit. Naas hul eie liedtekste het die groep ook gebruik gemaak van liriese werke van hul naamgewer, die vroeg-Romantiese digter en skrywer Novalis, waaronder gedigte soos Wunderschätze en Wenn nicht mehr Zahlen und Figuren...