Boere Land

BOERE LAND is ‘n boerderyprogram. Dit is ‘n inisiatief wat ‘n geleentheid bied vir mense om te leer oor landbou en die landelike leefwyse in Suid-Afrika.
Die program speel af op die plaas Boschkop wat ń gemengde boerdery is, dit het ontstaan in
Die episodes sal die daaglikse take en interessante aspekte dek, maar ook die uitdagings wys wat in die boerdery is. Die boerdery maak gebruik van tradisionele boerderymetodes, maar ook van moderne boerderymetodes soos presisietoerusting en tegnologie.
Die groot trefkrag lê in die feit dat mense iets kan leer van landbou maar dat dit ook sterk ondersteun word deur die landbougemeenskap.
Boere Land is geskep om mense op te voed oor die belangrikheid van landbou in Suid-Afrika.
Die program stel ook die skoonheid van boerdery in Suid-Afrika ten toon. Met sy pragtige landskappe, unieke flora en fauna, en ryk kulturele erfenis, is boerdery in Suid-Afrika werklik ‘n besonderse ervaring.