Hoërskool Noordheuwel

Hoërskool Noordheuwel. 'n Skool waar uitnemendheid sy eie resies hardloop, daar 'n passie is om voluit te lewe en veilige en gelukkige leerders hulself kan tuismaak – Hoërskool Noordheuwel. Dié hoogs geleë Afrikaans medium skool in Afrika, waar die heuwels as voetstuk dien en 'n wye uitsig bied, se toekomsvisie is nie iets waaroor net gepraat word nie. Daar is voortdurende dinamika en die visier word gereeld hoër gestel, altyd met inagneming van die Wesrandse gemeenskap.