Клод Дебюсси – тема

Claude Achille Debussy was 'n Franse komponis wat bygedra het tot groot vernuwing binne die Klassieke Musiek. Hy leef en werk veral in Parys waar meeste van sy indrukwekkende werke ontstaan het.
Hoewel die Franse komponis Debussy min direkte navolgers gehad het, was sy invloed op die musiek van die 20e eeu van groot belang. In die tydperk ná Wagner behoort Debussy tot diegene wat deur 'n herwaardering van die musikale materiaal - harmonie, melodie, ritme, klankkleur - die werkterrein vir komende geslagte verruim het. In sy veelsydige oeuvre, wat nie net deur Wagner, Moessorgski en andere beïnvloed is nie maar ook deur die literatuur, skilderkuns en eksotiese kuns, was natuurindrukke 'n belangrike bron van inspirasie.
Claude Debussy, gebore op 22 Augustus 1862 in Saint Germain- en-Laye, het uit 'n baie eenvoudige gesin gekom. Deur die toedoen van die digter Paul Verlaine se skoonmoeder, mev. Mauté de Fleurville, wat sy natuurlike begaafdheid ontdek en dit deur middel van klavierlesse ontwikkel het, kon hy tot die Paryse Musiekkoriservatorium toegelaat word.