Lance James en Jurie Els – тема
Lance James was 'n bekende Suid-Afrikaanse country-sanger en radio-omroeper. Van sy treffers sluit in Dankie, Vicki en Ahoy, Madagaskar Ahoy!.
Tydens Huisgenoot se 2009-Skouspel is hy vereer vir hul lewenslange bydrae tot Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek.
Op 26 Januarie 2020 is Lance ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Hy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is.