EG Kerk Wonderboom

Baie welkom by die amptelike YouTube-kanaal van die Evangelies-Gereformeerde Kerk Wonderboom. Die boodskap wat deur die Kerk, onder die leuse SO SÊ DIE HERE, uitgedra word, sluit in:

1. Wedergeboorte (Redding en Verlossing van sondaars)
2. Heiligmaking (Vervulling met die Heilige Gees)
3. Wederkoms van Jesus Christus
4. Goddelike Genesing van fisiese krankheid

Hierdie kanaal is daar gestel met die volgende doelstellings:

* Om deur middel van visuele boodskappe uitvoering te gee aan die opdrag in Markus 16:15 "En Hy het vir
hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die hele mensdom."
* Om gebeure in die EG Kerk SA soos jeugaande, konferensie, getuienisse, gemeentelike byeenkomste
ensovoorts ook deur middel van videomateriaal te deel.

Enige kommentaar/plasings deur 'n individu, anders as die administrateurs van die kanaal, is nie noodwendig die siening of standpunt van die gemeente Wonderboom of die EG Kerk SA nie.