Блес Бриджес – тема
Bles Bridges was 'n legendariese Afrikaanse sanger wat hoofsaaklik minneliedjies gesing het. Hy is bekend vir liedjies soos Ruiter van die Windjie, Op die vlerk van 'n spierwit duif, Maggie en Sweef soos 'n arend. Hy was die eerste Afrikaanse sanger wat in die Superbowl by Sun City opgetree het en was bekend vir die rose wat hy by konserte uitgedeel het, asook vir sy buite-egtelike verhouding in 1990. Hy is in 2000 in 'n motorongeluk oorlede.