Жаклин Дю Пре – тема

Jacqueline Mary du Pré was 'n Britse tjellis. Sy het op 'n relatiewe jong ouderdom blywende gewildheid behaal. Ten spyte van haar kort loopbaan, word sy beskou as een van die beste tjelliste van alle tye.
Haar loopbaan was kortgeknip deur Motorneuronsiekte of amiotrofiese laterale sklerose, wat veroorsaak het dat sy op die ouderdom van 28 jaar nie meer kon speel nie. Sy het die siekte vir baie jare beveg totdat sy op die ouderdom van 42 jaar beswyk het daaraan. Sy was postuum die onderwerp van 'n rolprent getiteld Hilary and Jackie wat kontroversieel was wat betref die feitelikheid daarvan, en gekritiseer was as sou dit haar private lewe gesensasionaliseer het.