Deo Gloria Community Church Rockingham - Afrikaans

Ons is 'n gemeenskap en kerk van die Here in die Suide van Perth.

Ons is 'n Woord gebaseerde, Christus gesentreerde, Heilige Gees geïnspireerde en dissipelmakende kerk.

Wonderlike, warm, hartlike ontmoetings met God en met mekaar vind op Sondae en gedurende die week in ons omgeegroepe, jeugbediening, 60+ uitreik, vroue en mans bedieninge plaas. Ons kinders geniet ook die Sondae kinderkerk vir voor-en laerskool kinders, gedurende die dienstyd.

Ons het ook 'n Engelse familie diens gelyklopend met die Afrikaanse diens.

Lofprysing en aanbidding lei ons na 'n ontmoeting met God en die boodskappe is dinamies en Skrifgetrou. Gebed is die hartklop van ons gemeente.

Jy word hartlik genooi, almal welkom.

44 Bakewell Drive, Port Kenndy.