Кшиштоф Пендерецкий – тема

Krzysztof Eugeniusz Penderecki was 'n Poolse komponis en dirigent. The Guardian het hom Pole se grootste lewende komponis genoem.
Van sy mees bekendste werke is Trenodie aan die slagoffers van Hirosjima, sy Simfonie No. 3, sy Sint Lukas Passie, die Poolse Mis, en Anaklasis en Utrenja. Penderecki het vier operas, agt simfonieë, en ander orkesstukke gekomponeer, asook 'n variëteit van instrumentale concertos, koorverwerkings van meestal godsdienstige tekste, en kamer- en instrumentale werke.
Hy is in Dębica, Pole, gebore. Penderecki het musiek studeer aan die Jagielloniese Universiteit asook die Akademie van Musiek in Krakau. Nadat hy gegradueer het aan die Akademie van Musiek het Penderecki 'n onderwyser geword by die akademie, en in 1959 sy loopbaan begin gedurende die Warskouse Herfsfees. Sy Trenodie aan die slagoffers van Hiroshima vir strykorkes en die koorwerk en die Sint Lukas Passie het kritiese lof ontvang.
Sy eerste operastuk, Die Duiwels van Loudun, was nie 'n onmiddellike sukses nie. In die begin van die 1970's het Penderecki se komposisiestyl met sy eerste vioolconcerto 'n verandering ondergaan. Die werk fokus op die semitoon en die tritoon.