Heideroosjes – тема

Heideroosjes is 'n Limburgse poppunkgroep wat uit vier Horstse jongelinge bestaan. Hul lirieke is gewoonlik Engels- of Nederlandstalig, alhoewel hulle soms ook in Duits sing. In die nommer "Euronoise" sing die groep selfs in verskillende tale deurmekaar. Die groep, wat in 1989 gevorm is, bestaan uit Marco Roelofs, Frank Kleuskens, Fred Houben en Igor Hobus. Die groepsnaam is Nederlands vir "heiderosies" en is gekies vir die ironiese kwaliteit daarvan, aangesien die meeste punkgroepe se name duistere, seksuele of gewelddadige temas weerspieël. Die naam is geneem vanuit 'n kabaretkonferensie van die Belgiese komediant Urbanus, wat grappenderwys gesê het dat hy 'n liedjie vir "'n punkgroep van Limburg genaamd De Heideroosjes" geskryf het. Die viertal is bekend vir hul energieke en opswepende direkte optredes.
In November en Desember 2005 het Heideroosjes 'n toer ter ere aan Ramones deur Holland en België onderneem waartydens hulle uitsluitlik covers van Ramones gespeel het. Hulle het soos Ramones aangetrek en hulself Ramroosjes genoem. Die groep het Nederlandse nasionale nuusopslae gemaak deur 'n snit saam met die burgemeester van Maastricht, Gerd Leers, op te neem.