Карин Хугард – тема

Karin Hougaard is 'n Afrikaanse sangeres, skrywer, digter en skilder. Sy is op die Afrikaanse musiektoneel vandat sy die ATKV se Crescendo-kompetisie in 1980 as jong 16-jarige student gewen het. Intussen het sy reeds 13 CD's uitgereik en 'n verskeidenheid pryse losgeslaan met haar musiek en verhoogwerk.
Die afgelope paar jaar het sy haar veral toegespits op musiekteater en haar verbintenis met die Nederlandse kunstenaar Herman van Veen het veral opwindende werk opgelewer: The First Lady, 'n teaterstuk oor die lewe van Jackie Kennedy, Karin Hougaard Sings Queen en Mati Hari, 'n toneelstuk oor die Nederlandse spioen. Haar DVD, Hartstukke verskyn in November 2008. Haar eerste woordbundel, getiteld "Woorde sonder Wysies", asook 'n kortverhaal in die publikasie Amfiteater verskyn ook in 2008. Sy debuteer ook as skilder met haar eerste eenvroukunsuitstalling, Solo. Hougaard het in 2009 na die Verenigde State verhuis en reis tussen Europa, die VSA en Suid-Afrika om op te tree. In 2009 tree sy in onder meer België en Nederland op met die teaterstuk Margot.