Outydse Pinkster Bedieninge

Welkom by die Outydse Pinkster Bedieninge se kanaal!
Ons is ’n Geesvervulde Pinksterkerk in Durban, KwaZulu-Natal, toegewy aan die verkondiging van die Woord van God en die bediening in die krag van die Heilige Gees. Ons glo in die Drie-eenheid—God die Vader, die Seun en die Heilige Gees—en ons glo in die beweging en werking van die Heilige Gees. Ons strewe daarna om, deur die leiding van God se Gees, die goeie nuus van Jesus Christus, en Hom as die gekruisigde, aan die wêreld te verkondig.

Sluit Sondag om 10:00 aan vir kragtige aanbidding en lof, met die vrolike saam-sing van Pinksterkoortjies, asook lewensveranderende Woordbediening onder die inspirasie en werking van die Heilige Gees.

We are an Afrikaans, Spirit-filled Pentecostal church in Durban, devoted to preaching God’s Word and moving in the power of the Holy Spirit. Join us every Sunday at 10 AM for powerful worship, uplifting Pentecostal songs, and life-changing messages. Subscribe for weekly hope, healing, and revival!