Cornè Liebenberg

Laeveld Agrochem vier hierdie jaar 30 jaar in die landboubedryf. Ons kyk met dankbaarheid terug en bring hulde aan elkeen wat die pad saam met ons gestap het. ’n PLAN ontstaan altyd uit ’n probleem, ’n idee uit ’n leemte en innovasies uit uitdagings.

Dis mense wat wéét die lewe bestaan uit baie meer as net ontvang – dat, wanneer jy jou eie toekoms daadkragtig bou, jy ook die toekoms bou van talle mense vir wie jy werk skep. Dwarsdeur die opname van die Nisboere program tree dié eienskappe na vore: deursettingsvermoë, ’n weiering om tou op te gooi en ’n onverpoosde soeke na ’n eie, pasgemaakte handleiding om sukses te behaal. Ook opvallend is dat die suksesvolste nisboere altyd ’n oop hand en hart het. Pleks daarvan dat hulle hul “fabrieksgeheime” teen die bors dra, het hulle ’n oop deur wat betref opleiding en die deel van wenke en geleenthede met ander. Hulle weet … om met ’n oop hand te lewe, dit is ’n wederkerige salwing.