Van Der Aven

VAN DER AVEN is ‘n onafhanklike Afrikaanse alternatiewe rock groep. Die drie Karoolinge lewer, saam as broers, vertonings wat gehore maak vergeet van hulle sorges en hul uit vollebors laat saam sing.

Sedert hul begin in 2022 het VAN DER AVEN reeds gehore reg oor die land op hul voete en het al selfs internasionaal gehore bekoor met hulle musiek.