Пааво Ярви – тема
Paavo Järvi is 'n Estiese dirigent. Järvi was in Tallinn, Estland gebore as die seun van Liilia Järvi en die Estiese dirigent Neeme Järvi. Sy broers en susters, Kristjan Järvi en Maarika Järvi, is ook musikante. Nadat hulle Estland verlaat het, het die gesin hulle in die VSA gevestig. Järvi het privaat gestudeer onder Leonid Grin in Philadelphia by die Curtis Institute of Music saam met Max Rudolf en Otto-Werner Mueller; en by die Los Angeles Filharmoniese Instituut onder Leonard Bernstein.
Järvi was vanaf 1994 tot 1997 die hoofdirigent van die Malmö Simfonieorkes gewees. Hy was vanaf 1995 tot 1998 die mede hoofdirigent by die Koninklike Stockholm Filharmoniese Orkes gewees saam met die dirigent Andrew Davis. Järvi was vanaf 2001 tot 2011 musiekdirekteur van die Cincinnati Simfonieorkes gewees. Die orkes het 'n aantal opnames vir die Telarc plaatetiket gedurende Järvi se tyd aan die hoof daarvan gemaak. In Mei 2011 was hy aangestel as die orkes se Musiekdirekteur Laureaat. Hy is sedert 2004 die Artistieke Direkteur van die Deutsche Kammerphilharmonie, Bremen en ook die Artistieke Adviseur tot die Estiese Nasionale Simfonieorkes.