Пекка Аираксинен – тема
Pekka Airaksinen was 'n Finse komponis van elektroniese musiek.
Airaksinen vorm sy eerste musiekgroep, The Sperm, in die 1960's. The Sperm meng elemente van avante-garde-musiek met jazz en pop. Hul konserte bevat konfronterende opvoeringskuns, wat tot die arrestasie van twee groepslede lei vir die simulasie van seksuele omgang en vir die vertoning van pornografiese films.
Na The Sperm se ontbinding in die vroeë 1970's, wend Airaksinen hom tot Boeddhisme en staak sy musiekloopbaan. In die 1980's keer hy terug na die musiekbedryf met sy album Buddhas of Golden Light.
In die 1990's stig hy die plaatetiket Dharmakustannus, waarop hy verskeie allbums vrystel. Die musiklae style op hierdie uitgawes varieer aansienlik en sluit in new age, ambience, house, jazz, en improvisasie.
Hy sterf op 6 Mei 2019 in die ouderdom van 73.