Пьер Фурнье – тема

Pierre Fournier was 'n Franse tjellis. Hy word die "aristokraat van tjelliste" genoem vanweë sy elegante speelwyse en die majestueuse klank wat hy kon voortbring.
Hy was die seun van 'n generaal in die Franse leër. Sy moeder het hom leer klavier leer speel; maar hy het egter 'n milde vorm van polio opgedoen en is gevolglik van enige behendigheid in sy bene en voete ontdaan. Vanweë die gevolglike probleme met klavierpedale kies hy daarom die tjello as instrument.
Hy het sy opleiding aan die Paryse Konservatoria in 1923 voltooi toe hy maar sewentien jaar oud was. Hy is verwelkom as "die tjellis van die toekoms" en is wyd lof toegeswaai vir sy virtuositeit en tegniek met die strykstok. Hy het bekendheid verwerf toe hy in 1925 by die Orchestre Colonne gespeel het en het aan kompetisies van regoor die wêreld deelgeneem.
Hy het die volledige kamermusiek van Brahms en Schubert vir die BBC opgeneem. Hy was baie gewaardeerd vir sy opnames van die ses suites vir onbegeleide tjello van J.S. Bach. Dit word nog steeds gehuldig as die beste opnames wat nog ooit van die suites gemaak is.