Нелсон Фрейре – тема

Nelson Freire was 'n Brasiliaanse klassieke pianis.
Freire het op die ouderdom van slegs drie jaar begin klavier speel. Hy het uit sy geheue stukke bespeel wat sy ouer suster, Nelma, oomblikke vantevore gespeel het.
Sy onderwysers in Brasilië was Lucia Branco, 'n voormalige student van Arthur de Greef en haar assistent Nise Obino. Freire het vir sy eerste openbare uitvoering op die leeftyd van vier jaar Mozart se Klaviersonate No. 11 in A majeur K. 331, gekies. In 1957 het Freire Beethoven se Klavierconcerto No. 5 op die ouderdom van slegs twaalf jaar uitgevoer. Hy het 7de plek tydens die Rio de Janeiro Internasionale Klavierkompetisie verower. Hy het gevolglik 'n toegif oftewel toelaag van die Brasiliaanse regering ontvang om in Wene te studeer onder Bruno Seidlhofer. Freire het reeds teen 1964 eersteprys tydens die Vianna da Motta Internasionale Musiekkompetisie in Lissabon, Portugal gewen. Hy het ook in Londen, Engeland die Dinu Lipatti Medalje en die Harriet Cohen Medalje ontvang. In Desember 2001 was hy die voorsitter van die paneel tydens die Marguerite Long Kompetisie in Parys. Sy buiging by die The Proms was in Augustus 2005.