Tempted And Tried - Kings Messengers Quartet
Автор: Marius De Vos - My Unieke Musiek Skatkis
Загружено: 2024-04-09
Просмотров: 18498
Die legendariese gospelgroep is in 1954 gestig onder aanvoering van Billy Mahlalela by die Bethel Kollege in Butterworth in die Oos-Kaap, waar die lede ook almal lid van die Sewedaagse Adventistekerk was. Hulle het gespesialiseer daarin om gesange en ander geestelike liedere te sing in Engels, asook natuurlik in Zoeloe. Meeste van die liedere is net so geneem uit die Hymn Book Of The African People, destyds uitgegee deur die Church Of Christ Our Saviour. Hulle het dit vermag om perfekte note te sing en skitterend te harmoniseer, en dit sonder enige musikale begeleiding. Die vier stigterslede was Billy Mahlalela (bariton & soms tenoor), Washington Sixolo (bas), Palmer Paul Kote (2de tenoor) en Norman Dube (1ste tenoor). Sixolo se ongelooflike sterk bassang was een van die heel groot redes waarom die groep sommer gou hier, en in die buiteland, gewild was, en baie sukses behaal het.
Daar is verskeie 78-spoedplate van die groep destyds uitgereik, en hul musiek is ook versamel op agt langspeelplate. Hul besonderse weergawe van die snit "Tempted And Tried" is oorspronklik op 78-spoedplaat (JP 533) uitgereik in 1955 deur His Master's Voice, met "I'm Gonna Lay Me Down" op die keersy. Die lied is gekomponeer deur William B. Stevens, en oorspronklik opgeneem onder die titel "Farther Along" op 19 Januarie 1938 deur J. H. Howell's Carolina Hillbillies.
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: