MY GOD IS DAAR – Afrikaanse Christelike Musiek | God is altyd daar! (Psalm 139)
Автор: Rhyne de Bruyn
Загружено: 2025-08-25
Просмотров: 816
Hierdie lied was as 'n gedig geskryf deur my Pa, Elias van der Colff, ’n diep gelowige man, digter en musiekliefhebber Al is hy reeds oorlede, leef sy geloof, sy woorde en sy liefde vir God steeds voort in hierdie lied.
“My God is altyd daar”, is ’n belydenis van geloof en hoop: God is orals en altyd teenwoordig – in die oggendson, die middag se hitte, die donderweer en selfs in die stil nag.
Dis ’n herinnering dat God nie net in die groot oomblikke van die lewe teenwoordig is nie, maar ook in die klein, alledaagse dinge – die dou op die gras, die wind wat deur die bome ritsel, en selfs ’n moeder se liefde vir haar kind.
“Waar sou ek heen gaan om U Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan U teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel – U is daar; gaan lê ek in die doderyk – kyk, U is daar!” – Psalm 139:7-8 (AFR83)
Hierdie Afrikaanse Christelike lied wil jou herinner:
My God is daar.
My God is altyd, altyd daar!
Lied: My God is Daar
Woorde: Elias van der Colff
Produksie & Musiekverwerking → https://sonu.ai
Video gemaak met: Canva → https://www.canva.com
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: