Популярное

Музыка Кино и Анимация Автомобили Животные Спорт Путешествия Игры Юмор

Интересные видео

2025 Сериалы Трейлеры Новости Как сделать Видеоуроки Diy своими руками

Топ запросов

смотреть а4 schoolboy runaway турецкий сериал смотреть мультфильмы эдисон
dTub
Скачать

LAAT U WIL GESKIED HIER OP AARDE, NET SOOS IN DIE HEMEL - 16 FEBRUARIE 2025

Автор: LewenSentrum

Загружено: 2025-02-15

Просмотров: 22781

Описание:

DATUM: 16 FEBRUARIE 2025 (OGGEND)
PREDIKER: PROF. STEPHAN JOUBERT
TEMA: LAAT U WIL GESKIED HIER OP AARDE, NET SOOS IN DIE HEMEL
SKRIF: OPENBARING 5:1-14 (NNT)

Die Onse Vader leer ons bid: “… laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.”

Vraag: Wat bid ons regtig as ons bid dat God se wil moet geskied hier op aarde, soos wat dit in die hemel gebeur? Hoe geskied God se wil in die hemel?

Antwoord: Openbaring 5. Openbaring 4-5 neem ons hemel toe. In Openbaring 4 beleef ons God die Vader en die Gees wat daar aanbid word. In hoofstuk 5 daag die Lam (Jesus) op in die hemel. Dit verwys na sy hemelvaart as Hy terugkeer na sy hemelse woning. Jesus is op aarde geslag (gekruisig!) as die Lam van God. Maar Hy het opgestaan en Hy keer terug na die hemel as die Oorwinnaar (die Leeu).

A. Openbaring 5:1-7 (NNT) Toe sien ek ’n boekrol in die regterhand van God wat op die troon sit. Dit was vol geskryf aan die binnekant en aan die buitekant. Dit was toegesluit met sewe seëls. Ek het ook ’n sterk engel gesien wat baie hard uitroep: “Wie is goed genoeg om die boekrol oop te maak? En om die seëls oop te breek waarmee dit verseël is?” Maar niemand in die hemel was in staat om dit te doen nie. Ook was daar niemand op die aarde, of onder die aarde in die doderyk wat die boekrol kon oopmaak nie, of wat daarin kon kyk nie. Ek het kliphard begin huil. Want ek het besef daar is niemand wat in staat was om die boekrol met God se raadsplan oop te maak nie, of om daarin te kyk nie. Maar een van die ouderlinge sê toe vir my: “Moenie so huil nie. Kyk mooi! Die Leeu het gewen! Hy kom uit die stam van Juda. Hy is deel van Dawid se nageslag, Hy kan die boekrol oopmaak en die sewe seëls oopbreek. Die Lam het oorwin, en Hy kan God se raadsplan ontsluit. Toe sien ek ’n Lam in die middel van die troon en die vier lewende figure, en tussen die ouderlinge. Hy het daar gestaan as die Een wat geslag is. Hy het sewe horings gehad. En sewe oë. Dit is die sewe Geeste van God, die Heilige Gees in al sy volheid wat uitgestuur is na die hele wêreld toe. Hy het nader gestap. Toe vat Hy die boekrol uit die regterhand van Hom wat op die troon sit.”

Jesus neem die boekrol in God se hand in die hemel. Dit is die simboliese uitbeelding van alle mag in hemel en op aarde wat nou in Christus se hande is. Hy alleen besit alle mag.

B. Openbaring 5:8-14 (NNT) Op daardie oomblik toe die Lam die boekrol vat, het die vier lewende figure en die vier en twintig ouderlinge in aanbidding neergeval voor Hom. Hulle elkeen het ’n harp gehad. En goue bakke. Dit was vol wierook. Hierdie wierook is die gebede van al die heiliges wat aan God behoort. Hulle het ’n lied gesing wat nog nooit vantevore gesing is nie: “U alleen is sterk genoeg om die boekrol te vat en om die seëls oop te breek. U is geslag en doodgemaak. So het U mense gekoop vir God. U bloed was die koopprys wat hulle in God se eiendom verander het. Hierdie mense kom uit elke groep en taal en volk en nasie op aarde. Uself het hulle burgers gemaak van ons God se koninkryk. Uself het hulle priesters gemaak. Hulle sal regeer oor die hele aarde. Toe kyk ek. En toe hoor ek ook ’n harde geluid. Dit was die stemme van ’n massa engele rondom die troon. Dit was ook die stemme van die lewende figure en die ouderlinge. Hulle almal saam was tienduisende maal tienduisende. En duisende maal duisende. Almal van hulle het met ’n baie harde stem uitgeroep: “Die Lam wat geslag is, verdien al die mag, die rykdom, die wysheid en krag. Dit alles is syne. Ook verdien Hy al die eer, die heerlikheid en die lof.”Elke wese wat daar in die hemel is, en almal hier op die aarde, en onder die aarde, en op die see, het ek hoor uitroep: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, kom toe al die lof en die eer en die heerlikheid en die krag vir ewig en vir ewig.” Die vier lewende figure het uitgeroep: “Amen. Dit is die waarheid.” En die ouderlinge het neergeval om God te aanbid.

Jesus word saam met God aanbid (vers 8-14)

i. Jesus word aanbid deur die hemelse kerk en al die engele.
ii. Jesus het ’n nuwe volk vir God hier op aarde losgekoop uit elke stam en taal en volk en nasie.
iii. Jesus verander ons almal se status na dié van priesters en konings wat vir ewig saam met Hom heers.
iv. Jesus word in die hemel op dieselfde wyse aanbid as God die Vader. Almal in die hemel, en alles in die res van die heelal val ook in by die hemelse aanbiddingsdiens. Lof, vreugde en aanbidding gebeur voltyds in die hemel.

C. Die Onse Vader se bede word waar hier op aarde wanneer ons God se wil laat geskied soos in Openbaring 5. Ons eer en verheerlik God in alles wat ons doen. Ons besing Jesus se lof. Ons leef met hemelse vreugde.

LAAT U WIL GESKIED HIER OP AARDE, NET SOOS IN DIE HEMEL - 16 FEBRUARIE 2025

Поделиться в:

Доступные форматы для скачивания:

Скачать видео mp4

  • Информация по загрузке:

Скачать аудио mp3

Похожие видео

SORG DAT JY KWALIFISEER OP GOD SE TERREIN - 29 SEPTEMBER 2024

SORG DAT JY KWALIFISEER OP GOD SE TERREIN - 29 SEPTEMBER 2024

JESUS GOOI ONS TOE ONDER GOD SE GENADE - 20 JULIE  2025

JESUS GOOI ONS TOE ONDER GOD SE GENADE - 20 JULIE 2025

VUL JOU TENK MET JESUS SE VREUGDEVOLLE WOORDE - 23 MAART 2025

VUL JOU TENK MET JESUS SE VREUGDEVOLLE WOORDE - 23 MAART 2025

JESUS VERANDER MY WEEGSKAAL VIR ALTYD - 10 NOVEMBER 2024

JESUS VERANDER MY WEEGSKAAL VIR ALTYD - 10 NOVEMBER 2024

JESUS SE GOEIE NUUS IS AANSTEEKLIK, EK OOK! - 31 AUGUSTUS 2025

JESUS SE GOEIE NUUS IS AANSTEEKLIK, EK OOK! - 31 AUGUSTUS 2025

So val jy in en uit sonde! [14 Feb 2021]

So val jy in en uit sonde! [14 Feb 2021]

JESUS LOOP JOU OË OOP - 9 JUNIE 2024

JESUS LOOP JOU OË OOP - 9 JUNIE 2024

Jy is nie veronderstel om die lewe te verstaan nie- jy is veronderstel om God te ken [30 Jan 2022]

Jy is nie veronderstel om die lewe te verstaan nie- jy is veronderstel om God te ken [30 Jan 2022]

Ek leer om (reg) te bid [6 Sept 2023]

Ek leer om (reg) te bid [6 Sept 2023]

Wat gebeur met 'n gelowige 5 minute na die dood?

Wat gebeur met 'n gelowige 5 minute na die dood?

2022 05 22 Om te leer kyk soos Jesus kyk

2022 05 22 Om te leer kyk soos Jesus kyk

KSM Erediens I 11 Des. I God skryf ' n trefferverhaal met my lewe!

KSM Erediens I 11 Des. I God skryf ' n trefferverhaal met my lewe!

RAAK NOU KALM - VLUG NA GOD TOE - 12 JANUARIE 2025

RAAK NOU KALM - VLUG NA GOD TOE - 12 JANUARIE 2025

LEER KEN GOD SE WIL … IN TIEN WOORDE! - 15 SEPTEMBER 2024

LEER KEN GOD SE WIL … IN TIEN WOORDE! - 15 SEPTEMBER 2024

KEN DIE KRAG VAN DIE GEES - 25 MEI 2025

KEN DIE KRAG VAN DIE GEES - 25 MEI 2025

HET JY GEWEET JY DRA DIE EWIGE MERK VAN GOD?  -  14 SEPTEMBER 2025

HET JY GEWEET JY DRA DIE EWIGE MERK VAN GOD? - 14 SEPTEMBER 2025

6 Toetse of jou bekering eg is - Henco Kruger

6 Toetse of jou bekering eg is - Henco Kruger

Oppas, God ken jou hart [12 Maart 2023]

Oppas, God ken jou hart [12 Maart 2023]

2019 05 08 Stephan Joubert

2019 05 08 Stephan Joubert

DIE LAASTE DAE IS HIER: DIE GEES IS HIER IN OORVLOED - 19 MEI 2024

DIE LAASTE DAE IS HIER: DIE GEES IS HIER IN OORVLOED - 19 MEI 2024

© 2025 dtub. Все права защищены.



  • Контакты
  • О нас
  • Политика конфиденциальности



Контакты для правообладателей: [email protected]