Rekord se kop rol by Clanwilliam
Автор: WegVIDEO
Загружено: 2011-05-24
Просмотров: 10769
Skaapkopliefhebbers het op Saterdag 21 Mei 2011 behoorlik weggelê tydens 'n rekordpoging by die Bushman's Cave Bergteater buite Clanwilliam waarin g'n skaaptong, -oog of -harsing ontsien is nie. Meer as 540 skaapkoppe is op een dag gaar gemaak en eetgereed gekry, volgens Erik de Milander, organiseerder van die geleentheid en 'n boer in die omgewing. Oorskiet is in dromme gegooi waarna dit getel is om die nuwe rekordaanspraak - 438 koppe geëet - te verifieer. Erik het gesê hy en sy vriend, Burre Burger, het die idee vir die rekordpoging gekry terwyl hulle aan skaapkop sit en smul het een aand. Dennis Snyman, die hoofborg en eienaar van Hino Citursdal/Clanwilliam was verstom oor die opkoms.
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: