DIE ABC VAN GELOOF: M — MISTERIE
Автор: Ronell Bezuidenhout
Загружено: 2026-01-15
Просмотров: 180
OUDIO-TEKS: M – MISTERIE (16 Jan)
Goeiedag. In ons reeks "'n ABC VAN GELOOF" het ons gekom by die letter M, en die woord wat ek kies is MISTERIE.
Ons leef in 'n tyd waar inligting so maklik bekombaar is. Daar is ‘n GPS vir bykans enige ding. Behalwe op die lewe. Soms staan ons antwoordloos. Ons weet bloot nie hoekom en hoe verder nie.
In die Bybel is ’n misterie nie ’n raaisel wat jy met logika moet oplos nie; dit is ’n goddelike werklikheid wat God op Sy tyd onthul.
Die Griekse woord mysterion verskyn dikwels in Paulus se briewe. In Kolossense 1:26–27 skryf hy van die "geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar nou aan Sy heiliges geopenbaar is." En hier is die hart van die misterie: Dit is "Christus in julle, die hoop op die heerlikheid."
Die grootste misterie van die heelal is nie ’n ingewikkelde formule nie, maar ’n Persoon. Jy hoef nie die meganika van die ewigheid te verstaan om die vrug daarvan te geniet nie. Geloof beteken om die "dat" te aanvaar—dat God regeer—selfs wanneer die "hoe" vir jou verborge bly.
Dink aan Josef. In die donkerte van die put en die tronk het hy niks van die misterie van sy lewe verstaan nie. Hy kon nie sien hoe sy broers se verraad sou lei tot die redding van ’n nasie nie. Eers jare later in Genesis 50:20 kon hy sê: "Julle wou my kwaad aandoen, maar God het dit ten goede beskik." Josef moes jare lank in die misterie leef sonder die antwoorde.
Net so in Romeine 11:33 roep Paulus uit: "O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is Sy oordele!" Dit is die taal van iemand wat vrede gemaak het met die feit dat God se verstand groter as sy eie is.
Die pad vorentoe is dalk vir jou ’n misterie, maar die Persoon wat saamloop, is bekend.
Voor ons saam bid, ’n kort woord van opregte dank. Ons het die einde van ons tweede week bereik! Soos jy weet, is hierdie bediening my lewenspassie en my werk. As hierdie week se boodskappe vir jou waarde toegevoeg het, oorweeg asseblief om ‘n donateur te word. STANDARD BANK, takkode 051001, rekeningnommer 080042805, RM BEZUIDENHOUT. Besonderhede is onder die teks.
Kom ons bid saam:
"Groot en Almagtige God, U weë is hoër as my weë. Dankie dat ek nie alles hoef te verstaan om veilig te wees nie. Ek gee vandag my 'hoekom'-vrae vir U en ek kies om te rus in die misterie van U grootheid. Amen."
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: