Adam Tas, Danie Rossouw en 'n paar vriende hengel op Inhaca-eiland | Byt & Buskruit |
Автор: Byt & Buskruit
Загружено: 2025-04-11
Просмотров: 18361
In hierdie avontuurlustige episode van Byt & Buskruit vat Adam Tas sy visstok en ’n paar vriende, insluitend Springbok-legende Danie Rossouw, na die asemrowende Inhaca-eiland naby Mosambiek. Vir ’n hele week verken hulle die kristalhelder waters van die Indiese Oseaan, en gaan elke dag uit op die see om te hengel en vang 'n paar interessante visse!
Die span deel lag, opwinding en daardie unieke kameraderie wat net om ’n visvang-ervaring kan ontstaan. Tussen die hengelsessies geniet hulle ook heerlike etes en koue drankies by Camp Carlos, hul kampbasis vir die week, reg aan die strand.
Met ongelooflike natuurskoon, groot vis en goeie geselskap is hierdie ’n episode wat jou laat droom van son, soutwater en avontuur.
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: