28 Januarie 2026 | Vox Weervoorspelling
Автор: Vox Weather
Загружено: 2026-01-27
Просмотров: 7024
🥵 ’n Hittegolf met aanhoudend hoë temperature duur voort oor dele van die Oos-Kaap tot Donderdag (29/01/2026). In die Noord-Kaap, asook die sentrale en suidelike Vrystaat en suidwestelike dele van Noordwes, sal die hittegolf na verwagting tot minstens Vrydag (30/01/2026) voortduur.
⚠️IMPAK-GEBASEERDE WAARSKUWINGS uitgereik deur SAWD⚠️
🟡Geel Vlak 2: Hewige donderstorms wat lei tot plaaslike oorstromings van vatbare paaie, laagliggende gebiede en brûe, groot hoeveelhede klein hael, oormatige weerlig en sterk skadelike winde word verwag oor suidwestelike Gauteng, oostelike en sentrale dele van die Vrystaat, suidoostelike dele van Noordwes, suidwestelike dele van KwaZulu-Natal en noordoostelike dele van die Oos-Kaap.
🔥BRANDGEVAARWAARSKUWINGS: 🔥
Uiters hoë brandgevaartoestande word verwag op plekke oor die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap.
#VoxWeather #Hittegolf #Storms
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: