Kwadratiese Vergelykings Graad11: L6 Kwadratiese Formule Oefen voorbeelde
Автор: Online Maths by Miss Pythagoras
Загружено: 2024-09-27
Просмотров: 268
In hierdie reeks van 12 lesse vind jy 'n volledige kursus oor Graad 11 Kwadratiese vergelykings en ongelykhede in Wiskunde. In hierdie videos verduidelik ek al die belangrike konsepte, reëls en tegnieke wat jy in die eksamen kan teëkom oor Gr 11 oplos van kwadratiese vergelykings en ongelykhede. Ek bespreek in die 12 lesse die volgende onderwerpe aan die hand van verskeie voorbeelde naamlik:
Vergelykings wat breuke bevat , maklik en moeilike voorbeelde.
Vergelykings wat wortels bevat.
Oplos van kwadratiese vergelykings deur kwadraatsvoltooiing of di vierkant te voltooi.
Oplos van kwadratiese vergelykings deur middel van die kwadratiese formule.
Die gebruik van die " k-metode" om kwadratiese vergelykings op te los.
Hoe om gelyktydige vergelykings op te los.
Die oplos van Kwadratiese Ongelykhede.
Of jy nou vir die eksamen voorberei of net jou Wiskunde kennis wil opskerp, hierdie viodeo reeks en "Playlist" bevat al die inligting oor Graad 11 Wiskunde se baie belangrike hoofstuk oor die oplos van kwadratiese vergelykings en ongelykhede wat jy moet ken volgens die CAPS sillabus.
*In hierdie video bespreek ek die volgende:* Kwadratiese FORMULE - Oefen voorbeelde.
Onthou asseblief om my video te "like", en te "subscribe" en vertel sommer vir al jou maats oor my kanaal. Ek gaan jou help met Graad 11 Kwadratiese vergelykings en ongelykhede en sommer die hele Wiskunde sillabus.
Playlist:
• Kwadratiese vergelykings en Ongelykhede Gr...
#wiskunde #graad11 #kwadratiesevergelykings #eksamen #onlinemathsbymissp
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: