Lewensaadjies - Episode 94: Ps23: Die grootste seën
Автор: Revive Our Hearts South Africa
Загружено: 2022-10-04
Просмотров: 185
Retha en haar man, Jannie, het die voorreg gehad om tydens ROH se Seek Week in Amerika vir ‘n week lank saam met die personeel van ROH die Here se aangesig te soek. Pastoor Colin Smith het by die geleentheid oor Ps. 23 gepreek. Retha kon nie glo hoe baie mens nog kan leer van Ps. 23 nie! Om die Here as jou herder te hê en aan Hom te behoort, is seker een van die grootste voorregte en seëninge vir ‘n Christen. ‘n Skaap word deel van ‘n kudde as hy daarin gebore is of as hy gekoop word. Ons is deel is van Jesus se kudde omdat ons gekoop is deur Sy bloed, maar ook omdat ons wedergebore is in die koninkryk van God. Wat ‘n voorreg. Ps. 23 is vir Christene, gelowiges geskryf. Retha lees hoe Ps. 23 sal klink as dit vir ongelowiges geskryf sou wees. Dit is hartverskeurend. Ons het ‘n keuse, of ons kies dat die Here ons herder is of ons is ons eie herder. Wat kies jy?
Lewensaadjies is 'n reeks van kort boodskappies wat deur Revive Our Hearts South Africa aangebied word. Elke Woensdag word daar ‘n saadjie gesaai wat jou kan help in jou geestelike groei
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: