Desimale getalle - Basiese beginsels
Автор: ClassroomEducation
Загружено: 2024-10-08
Просмотров: 230
Wat is die verskil tussen ‘n desimale breuk en ‘n desimale getal? ‘n Desimale breuk verwys na ‘n desimale getal in basis 10. In Suid-Afrika gebruik ons ‘n komma as die desimale simbool. Die plekwaardes aan die regterkant van die komma is tiendes (t), honderdstes (h), duisendstes (d) en so aan. Wat is die grootste getal tussen 3,2 en 3,02? Hoe kan ons die getalle vergelyk? As die getal meer syfers aan die regterkant van die komma het, beteken dit dat die getal groter is? Nee, jy moet nogsteeds die getalle vergelyk. In die eerste getal (3,2), is die 2 in die plekwaarde van die tiendes. Dus, dit is 2 tiendes of 2/10. Aan die ander kant is die 2 in die tweede getal (3,02) in die plek van die honderdstes. Dus, dit is 2 honderdstes of 2/100. So, watter breuk is die grootste? Is dit 2/10 of 2/100? Dit is 2/10 (2 tiendes) aangesien dit ook geskryf kan word as 20 honderdstes (20/100) en dit is meer as 2/100.
Hierdie video is ook beskikbaar in Engels. Klik hier om dit te kyk: • Decimal numbers - The basics
This video is also available in English. Click here to watch it: • Decimal numbers - The basics
Hoofstukke:
0:00 Inleiding
2:33 Voorbeeld 1
4:06 Voorbeeld 2
5:08 Voorbeeld 3
#lindalehanie
#classroomeducationonline
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: