Популярное

Музыка Кино и Анимация Автомобили Животные Спорт Путешествия Игры Юмор

Интересные видео

2025 Сериалы Трейлеры Новости Как сделать Видеоуроки Diy своими руками

Топ запросов

смотреть а4 schoolboy runaway турецкий сериал смотреть мультфильмы эдисон
dTub
Скачать

"Potty training" in Afrikaans / Potjie-lesse / Toilet opvoeding

Автор: Lami Leer en Speel Videos

Загружено: 2023-01-27

Просмотров: 34816

Описание:

Liefie maak 'n piepie! Ons gesels oor als, potjies, onderklere, sit, afvee en handjies was. Krediet aan Dr. Amanda Gummer vir haar boek "Klaar met doeke" My kinders is absoluut mal oor die boek!

Hierdie baba dra 'n doek. Die baba is nog klein.

Kan jy al voel as jy 'n piepie maak?
Kan jy al vir mamma en pappa sê as jy 'n poefie maak?

Dan is dit tyd dat jy leer om 'n potjie of 'n toilet te gebruik!

Almal piepie
Mammas piepie
Pappas piepie
Hondjies piepie
En katte piepie

Dit is 'n potjie.
Het jy al 'n potjie by die huis?
Gaan saam winkel toe en kies vir jou 'n potjie.
Watter kleur hou jy van?
Ons kan oefen om op die potjie te sit. Jy kan die potjie neersit waar jy speel of slaap. Of dit in die badkamer bere.

Het jy al onderklere?
Dogtertjies dra panties en seuntjies dra onderbroeke.
Gaan saam winkel toe en kies vir jou onderklere.
Watter kleur hou jy van?
Ons kan oefen om onderklere op en af te trek.

As ons op die potjie sit kan ons lekker rustig wees. Ons kan magie asems doen op die potjie. Of ons kan 'n liedjie sing. Ons kan selfs bietjie speel en 'n boek lees. Baie mooi as jy probeer het!

Dit is 'n potjie
Dit is 'n toilet
Dit is toilet papier

Hierdie maatjie voel hul het 'n piepie. Maar hulle kon nie gou genoeg by die potjie kom nie. Daar maak die maatjie 'n glipsie. Toemaar. Dis ok maatjie, almal maak glipsies. Kom ons trek jou nat broekie uit.

Party keer as ons slaap kry ons ook glipsies in die bed.

Ons gaan net aanhou oefen. Jy sal dit nog reg kry. Hou net aan probeer.

Hierdie maatjie het in die potjie gepiepie! Hoeraa
Nou kan sy haar boude afvee met toilet papier.
En handjies was.

Ons kan ook vir ons speelgoed leer hoe om die potjie te gebruik. Kyk hierdie maatjie vee haar beer speelding se boude af.




--
Donasies:
https://ko-fi.com/koffievirlami
Baie dankie vir jul ondersteuning.
--
Lami poppies:
  / nessi_noodles_crochet  
Vanessa: 076 924 2561
--
Gratis werkaarte:
https://afrikaans.com/leerhulp/lami-l...
--
Meer oor Lami Leer en Speel Videos:
#afrikaans #kinders #opvoedkundig en opbouend
#stories, #liedjies en #rympies
Hier gaan jou #kleuter leer van #kleure, #vorms en die #alfabet en ook bemoedig word.
100% GRATIS vir almal.
Ek is so bly jy is hier en ek is opgewonde om hierdie pad saam met jou te stap.

Welkom ouers, kinders, kleuters en peuters! Hier gaan ons saam leer en speel in Afrikaans. Ons gaan stories vertel, speel met speelgoed, liedjies sing, rympies opsê en sommer baie nuwe dinge leer.

Kontak ons gerus by: [email protected]

Ons maak staat op julle om asb te Subscribe. Tans is 70% van die mense wat ons kanaal gebruik nie subscribed nie. Die Afrikaanse YouTube mark is maar klein so ons vra ekstra mooi dat elkeen sal subscribe en deel ook asb met julle vriende met kinders.

Op "Lami Leer en Speel Videos" ontmoet ons kinders op hul vlak. Die lesse is saamgestel om kreatiwiteit en nuuskierigheid aan te moedig.

Op hierdie jong ouderdom is jou kind op 'n avontuur om die wêreld te verken. Hul leer deur spontaan te wees en hul is bereid om foute te maak. Dit is ons rol as ouers om hul aan te moedig en inisiatief te verwelkom. Op hierdie manier kweek ons op die ou end volwassenes met 'n liefde vir die lewe.

Die hart van hierdie kanaal is eintlik om ouers te help. Want ouerskap is nie kinderspeletjies nie. Ek hoop hierdie videos gee jou idees van aktiwiteite om saam met jou kinders te doen. En natuurlik is hierdie stories iets Afrikaans vir hulle om te kyk terwyl jy kosmaak.

"Potty training" in Afrikaans / Potjie-lesse / Toilet opvoeding

Поделиться в:

Доступные форматы для скачивания:

Скачать видео mp4

  • Информация по загрузке:

Скачать аудио mp3

Похожие видео

My huis #woordeskat #kleuters #lami #afrikaans #learnafrikaans

My huis #woordeskat #kleuters #lami #afrikaans #learnafrikaans

Wilde diere #geluide #feite #kleuters #lami #afrikaans

Wilde diere #geluide #feite #kleuters #lami #afrikaans

⭐Малышарики⭐ - Все серии подряд. Часть 1

⭐Малышарики⭐ - Все серии подряд. Часть 1

Kleure #padda #kleuters #lami #afrikaans

Kleure #padda #kleuters #lami #afrikaans

Bou masjiene / Konstruksie voertuie #swaarmasjinerie #Afrikaans #Kinder

Bou masjiene / Konstruksie voertuie #swaarmasjinerie #Afrikaans #Kinder

Juffrou Linky by Speelplaas | Afrikaanse Videos vir Kinders

Juffrou Linky by Speelplaas | Afrikaanse Videos vir Kinders

Baby Racer | APRO | Cartoons for Kids | Learning Show | STEM | Robots & Science

Baby Racer | APRO | Cartoons for Kids | Learning Show | STEM | Robots & Science

Potty Training with Ms Rachel - Toddler Learning Video - Potty Songs for Toddlers - Potty Song

Potty Training with Ms Rachel - Toddler Learning Video - Potty Songs for Toddlers - Potty Song

Seisoen 1

Seisoen 1

Tel tot tien #kleuters #afrikaans #voertuie

Tel tot tien #kleuters #afrikaans #voertuie

Five Little Speckled Frogs 🐸 CoComelon - Nursery Rhymes and Kids Songs | 3 HOURS | After School Club

Five Little Speckled Frogs 🐸 CoComelon - Nursery Rhymes and Kids Songs | 3 HOURS | After School Club

Benzee speel by die huis (Deel 2)

Benzee speel by die huis (Deel 2)

Готовимся к Новому году! Как машинки наряжают ёлку и строят снегокат 🎄❄️

Готовимся к Новому году! Как машинки наряжают ёлку и строят снегокат 🎄❄️

Parkie pret #woordeskat #kleuters #lami #afrikaans

Parkie pret #woordeskat #kleuters #lami #afrikaans

Leer om te Praat in Afrikaans | Tel, Kleure, Letters, Vorms, Voorsetsels | Afrikaanse Rympies

Leer om te Praat in Afrikaans | Tel, Kleure, Letters, Vorms, Voorsetsels | Afrikaanse Rympies

Die beste Alfabet vir kinders #tradisionele #rympies #liedjies #volksliedjies #afrikaans

Die beste Alfabet vir kinders #tradisionele #rympies #liedjies #volksliedjies #afrikaans

Kleure vir Kleuters / Eksperiment / Speletjies/ Lami Leer en Speel Videos

Kleure vir Kleuters / Eksperiment / Speletjies/ Lami Leer en Speel Videos

Potty Training For Kids | Potty Training Songs Toddlers | Baby Toilet Training, Sitting On Potty

Potty Training For Kids | Potty Training Songs Toddlers | Baby Toilet Training, Sitting On Potty

Insect Explorers: Fun Adventures in the Secret World of Tiny Creatures

Insect Explorers: Fun Adventures in the Secret World of Tiny Creatures

You Can Ride a Bike Song | @CoComelon & Kids Songs | Learning Videos For Toddlers

You Can Ride a Bike Song | @CoComelon & Kids Songs | Learning Videos For Toddlers

© 2025 dtub. Все права защищены.



  • Контакты
  • О нас
  • Политика конфиденциальности



Контакты для правообладателей: [email protected]