HeidiSA
Die Vrystater met die sprankelende persoonlikheid en pragtige stem, Heidi, stel haar jongste enkelsnit, “ KAN JY VASDANS”, vry.
“Bekend vir haar energieke en interaktiewe vertonings, het Heidi sedert haar deurbraak in 2015 harte gesteel met haar unieke country-vibe en pop-invloede. Hierdie passievolle kunstenaar bied meer as net musiek – sy leef elke oomblik voluit en bring ’n lewenslustige gees na elke verhoog.
Met “Kan Jy Vasdans?” wys Heidi ’n nuwe kant van haarself. “Met hierdie liedjie het ek doelbewus uit my comfort zone geklim om iets vars en energiek te skep,” vertel sy. “Dis ’n opwindende vasdans-lied met sterk kitaar-klanke en ’n ritmiese “beat” wat jou laat beweeg. Vir ’n slag gaan dit nie oor liefde nie, maar oor die pure vreugde van dans, musiek en goeie tye. ‘Kan Jy Vasdans’ is ’n liedjie wat jou sommer dadelik laat glimlag en saamsing.”
“Ek is opgewonde vir wat God vir my in die vooruitsig gestel het,” sê sy trots.