Gaan dan heen en maak ... & Leiers maak foute... - Ps Martie
Автор: Love Upon Grace Ministries
Загружено: 2025-08-10
Просмотров: 13
TEMA: Gaan dan heen en maak… & Leiers maak foute…
MATTHÉÜS 28:19-20 AFR53
[19] Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. [20] En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
NÚMERI 20:7-12 AFR53
[7] En die Here het met Moses gespreek en gesê: [8] Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink. [9] Toe neem Moses die staf voor die aangesig van die Here weg soos Hy hom beveel het. [10] En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei? [11] Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee. [12] Toe sê die Here vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.
DEUTERONÓMIUM 34:10 AFR53
[10] En soos Moses, vir wie die Here van aangesig tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie —
LUKAS 22:54-62 AFR53
[54] EN hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in die huis van die hoëpriester. En Petrus het van ver af gevolg. [55] En toe hulle 'n vuur in die middel van die binneplaas van die paleis gemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit. [56] En 'n diensmeisie het hom daar by die vuur sien sit; en nadat sy hom vas aangekyk het, sê sy: Hierdie man was ook saam met Hom. [57] Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie. [58] En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie. [59] En ná verloop van omtrent een uur het 'n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook 'n Galiléër. [60] Maar Petrus antwoord: Man, ek weet nie wat jy sê nie. En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai. [61] En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. [62] En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween.
ROMEINE 14:10-12 AFR53
[10] Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. [11] Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. [12] So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
SPREUKE 24:16 AFR53
[16] Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
MATTHÉÜS 28:20 AFR53
[20] En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: