O Boereplaas
Автор: Kate Rok
Загружено: 2025-11-09
Просмотров: 1115
O Boereplaas se musiekvideo is in die mooie Oos-Vrystaat geskiet.
O Boereplaas is die eerste snit op Kate Rok se nuutste album, Weef. Weef is 'n album waar sy gunsteling Afrikaanse liedere sing tesame met Afrikaans se 100 jarige viering.
Die titel van die album, Weef, spruit uit die nosie van dit waaruit ons almal verweef is en dat musiek, herinneringe, daaglikse tonele en emosies onherroeplik deelvorm van ons elkeen se weef.
Kate Rok se liefde vir haar taal, kultuur, land en mense, asook vir musiek word duidelik in hierdie nostalgiese en unieke weergawe van die liedjies weergegee. Sy weef al die harmonieë self, wat ook deel vorm van hoe die klanke mens op reise neem- deur die lae en die hoë note word verskeie emosies geroer.
Die Ford Model T is deur Kate Rok se tandarts, Dr Hennie Marx snr, handgemaak. (hy is een van net twee mense ter wêreld wat hierdie stokperdjie beoefen). Hennie Marx is self in die video waar hy Kate Rok op plaaspaaie rondry.
Sy ry op 'n oorspronklike ossewa by Sandstone Estate net buite Ficksburg en die pragtige tonele met perde is op die gasteplaas, Moolmanshoek geskiet. Die sandsteen herehuis is die eiendom van Louw en Francine van Niekerk, net buite Bethelhem waar Kate Rok en haar ma se tonele geskiet is.
Verder stap Kate Rok op haar pa se gasteplaas, Madeira, met haar en haar man se drie geliefde honde, Barnaby, LorNaz en Sophie rond. Hulle stap die berge uit en vertoef tussen die beeste- 'n gunsteling tydverdryf op 'n plaas wat haar hart betower.
Kate Rok onthou hoe haar Oupa, Barnaby, 'O Boereplaas', op sy vleuel klavier gespeel het en so mooi kon saamsing. Die lied bring heimwee en die mooiste herinneringe na vore.
Van kleins af is haar gesin lief daarvoor om saam te sing en te harmoniseer. Hierdie liefde vir musiek en Afrikaanse musiek as kuns was 'n groot inspirasie vir die gevoel van haar nuutste album.
Huis is waar jou hart is en vir Kate Rok is dit geweef in haar liefde vir haar Skepper God, haar man en 7 vierpotige kinders, haar familie en vriende, die mede burgers van 'n pragtige en kultuur-ryke Suid-Afrika, musiek en kuns, samesyn en sang. Musiek is verweef in die elke dag se bestaan en Kate Rok hoor musiek se weef in alles wat ons pragtige genadevolle lewe ons mee bederf.
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: