David Orrel Inleiding
Автор: NG Kerk Magalies
Загружено: 2025-12-03
Просмотров: 21
OOR DAVID …
David Marsden het so pas sy derde jaar as musiekstudent aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Hy het sy eerste jaar BMus aan die Universiteit van Pretoria deurgebring, waar hy deur professor Theo van Wyk onderrig is. Tans is hy onder die leiding van professor Mario Nell en mnr. Winand Grundling. Hy het deelgeneem aan meestersklasse saam met Arvid Ghast, Arian Tien, Benjamin Zander, Gerben Groeten en dr. Ben Schumann.
David het in konserte saam met professor Theo van Wyk en Winand Grundling opgetree. Hy het ook in ensembles en as solis vir die Hermanus Musiekvereniging opgetree en het drie jaar agtereenvolgens die SAKOV voorgraadse beurs gewen, wat daartoe gelei het dat hy as beurswenner by die 2023 en 2025 AGM’s opgetree het.
David het orrelbegeleiding vir gemeentes aan die Wes-Rand gedoen sedert hy dertien jaar oud was en het in 2023 die pos van musiekkoördineerder van die NG kerk Wonderpark beklee voordat hy besluit het om Stellenbosch toe te verhuis. Hy is tans deeltystse orrelis by die Hervormde Kerk in Stellenbosch en speel ook by die NGK Welgelegen as aflos-orrelis.
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: