Kerkbode Kollig | 'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor?
Автор: Bybel-Media
Загружено: 2025-05-21
Просмотров: 597
Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat (net wit?) Afrikaanse boere (?) vir vlugtelingstatus mag aansoek doen by die VSA?
In ’n tyd waarin wyd oor hierdie kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson asook Oos-Kaapse kerkleier, ds Danie Mouton, wat ook by interessante inisiatiewe betrokke is wat versoening en samewerking oor ras- en kerkgrense bevorder.
Ons kyk na hoe ons praat oor die mense wat wel vlugtelingstatus ontvang sowel as die uitdagings wat dit skep vir gesprekke plaaslik. Soos Kerkbode se oud-redakteur noem, “aan die een kant het ons te doen met mense wat keuses gemaak het en wie se toekoms onseker is met wie Jesus ons leer om deernis te hê … aan die ander kant is daar ’n politieke spel waarin daar ’n klomp leuens vertel word en hierdie mense is daarin vasgevang”.
Een van die vrae is of ons as burgers van die land nie almal op ’n manier slagoffers is nie?
En ons hoor van die hoop wat stories vanuit die kerk kan bied wat vertel van koalisies wat gebou word en regkry om mense bymekaar te bring en saam hulle omgewing te verander.
Hoofstukke:
00:00 Inleiding
01:47 Deernis nodig met mense se keuses
04:18 Dilemma van net een groep wat uitgesonder word
06:36 Alle Suid-Afrikaanse burgers kan slagoffers wees
11:33 Versigtig vir ’n herleef van die kokon van Afrikaner-nasionalisme
13:13 Kuns is om koalisies te bou
15:50 Meer stories nodig oor samewerking
14:07 Die volg van Jesus se voorbeeld
20:55 Meer stories nodig van God se genade wat deur die kerk vloei na buite
23:13 Wat ons land nodig het van die kerk
25:34:18 Afsluiting
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: