Популярное

Музыка Кино и Анимация Автомобили Животные Спорт Путешествия Игры Юмор

Интересные видео

2025 Сериалы Трейлеры Новости Как сделать Видеоуроки Diy своими руками

Топ запросов

смотреть а4 schoolboy runaway турецкий сериал смотреть мультфильмы эдисон
dTub
Скачать

Rig herinneringstekens op tot eer van die Here - Stephan Joubert, 31 Desember 2017 VM

Автор: LewenSentrum

Загружено: 2017-12-31

Просмотров: 8082

Описание:

Rig herinneringstekens op tot eer van die Here

1. Oefen jou geestelike geheue

Josua 4:1 (NAV) Nadat die hele nasie deur die Jordaan is, het die Here vir Josua gesê: “Neem nou die twaalf man uit die volk, een uit elke stam, 3en sê vir hulle: Vat hier uit die Jordaan, op die plek waar die priesters gestaan het, twaalf klippe en neem hulle saam met julle deur en sit hulle neer op die plek waar julle vannag oorbly.” Josua roep toe die twaalf man wat hy uit die Israeliete aangewys het, een uit elke stam, en hy sê vir hulle: “Gaan by die ark van die Here julle God verby tot in die middel van die Jordaan en tel elkeen 'n klip op die skouer, in ooreenstemming met die getal stamme van die Israeliete. Dit moet onder julle as 'n teken dien. Wanneer julle kinders julle eendag vra: ‘Wat beteken hierdie klippe vir u? moet julle vir hulle sê die Jordaan se water is voor die verbondsark van die Here afgesny; toe die ark deur die Jordaan moes gaan, is die rivier se water afgesny; daarom is hierdie klippe vir die Israeliete 'n blywende herinnering daaraan.”

Klippe is nie net getuies van God se handewerk nie; hulle help ons ook met ons geheue. In Josua 4 laat die Here die Israeliete twaalf klippe regop sit (stapel) nadat hulle droogvoets deur die Jordaanrivier geloop het.In Israel se geval moes die klipstapeling by die Jordaan hulle en hulle nageslag aan God herinner. Sy ingrype en sy redding moes Israel se eie storie word. Dit moes hulle identiteit word.Net so moet ons bakens oprig om vir ons ’n geheue te gee van die Here se betrokkenheid in ons lewens, oor die afgelope jaar en deur ons lewe.
Net so moet ons bakens oprig om ons te herinner aan die Here se betrokkenheid, die afgelope jaar, in en deur ons lewens.


2. Rig bakens op om jou toewyding aan die Here te onthou

Josua 24:25-28 (NAV) Josua het daardie dag vir die volk 'n verbond gesluit en vir hulle daar in Sigem voorskrifte en bepalings vasgelê. Hy het dié dinge in die wetboek van God opgeskryf, 'n groot klip gevat en dit daar onder 'n groot boom by die heiligdom van die Here regop gesit. Hy het vir die hele volk gesê: “Sien julle dié klip? Hy sal die getuie teen ons wees. Hy het alles gehoor wat die Here vir ons gesê het. Hy sal die getuie teen julle wees dat julle nie julle God bedrieg nie.” Daarna het Josua die volk laat gaan, elkeen na sy grond toe

Wanneer die Israeliete hier keer op keer plegtig beloof dat hulle God se pad sal stap, besluit Josua om ’n simboliese handeling te verrig. Hy sluit ’n verbond met hulle wat hy ook in die wetboek neerskryf. Ook vat Josua ’n klip wat hy by die heiligdom regop sit om as getuie van hulle belofte te dien.Net soos die Israeliete, kort ons sigbare bakens van ons eie verbintenisse aan die Here.Ons identiteit behoort nie geleë te wees in enigiets anders as in ons navolging van die lewende Christus nie. Hy is ons lewe.

3. Rig padwysers op vir die pad vorentoe

Jeremia 31:21-22 (NAV) Rig vir jou padwysers op, bring vir jou rigtingborde aan, hou jou oog op die grootpad, op die pad wat jy moet loop. Kom terug, Israel, kom terug na jou stede toe. Hoe lank gaan jy nog talm, jy wat so dikwels jou eie koers gaan? Die Here skep iets nuuts in jou land: Israel sal die Here liefhê.

Kolossense 3:1-2 (NAV) Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie …

Ons kort nie net beter geestelike geheue nie, maar ook roetewysers. Ons kort padkaarte vir ons reis na 2018 toe. Dit begin met ons fokus op Christus. Ons hou ons oog op Hom. Ons hou ons ore naby sy Woord. Ons volg die Gees se leiding.

Rig herinneringstekens op tot eer van die Here - Stephan Joubert, 31 Desember 2017 VM

Поделиться в:

Доступные форматы для скачивания:

Скачать видео mp4

  • Информация по загрузке:

Скачать аудио mp3

Похожие видео

Stap die vinnige pad saam met Jesus - Stephan Joubert, 26 November 2017 VM

Stap die vinnige pad saam met Jesus - Stephan Joubert, 26 November 2017 VM

Gesprek met prof Stephan Joubert oor Rol van Israel, 13 Sept 2020

Gesprek met prof Stephan Joubert oor Rol van Israel, 13 Sept 2020

2019: 'N JAAR VAN VREUGDE - Stephan Joubert, 13 Januarie 2019

2019: 'N JAAR VAN VREUGDE - Stephan Joubert, 13 Januarie 2019

2022 05 22 Soos in die Hemel, so ook op die aarde

2022 05 22 Soos in die Hemel, so ook op die aarde

Hoe bid mens as jy so onseker is? Andries Enslin, 7 Januarie 2018 VM

Hoe bid mens as jy so onseker is? Andries Enslin, 7 Januarie 2018 VM

Dis g'n eindtydtekens nie, sê Stephan Joubert oor ekstreme weer

Dis g'n eindtydtekens nie, sê Stephan Joubert oor ekstreme weer

Daaglikse Oordenking - 6 Desember 2025

Daaglikse Oordenking - 6 Desember 2025

1 - Die Dag Van Wederkoms. (www.kniel.co.za)

1 - Die Dag Van Wederkoms. (www.kniel.co.za)

17 September | Stephan Joubert | Liefde Roes nie As dit Groei

17 September | Stephan Joubert | Liefde Roes nie As dit Groei

31 Januarie 2021 | Stephan Joubert | As jy die enigste een is wat die vuur wil doodmaak

31 Januarie 2021 | Stephan Joubert | As jy die enigste een is wat die vuur wil doodmaak

26 April 2020 | Mosaïek - Stephan Joubert | Aan die anderkant van twyfel

26 April 2020 | Mosaïek - Stephan Joubert | Aan die anderkant van twyfel

Jy het 'n nuwe onderwyser - die Heilige Gees [4 Junie 2023]

Jy het 'n nuwe onderwyser - die Heilige Gees [4 Junie 2023]

Dit is volbring. (www.kniel.co.za)

Dit is volbring. (www.kniel.co.za)

KSM Erediens I 22 Jan. I Dag en nag vir die Here

KSM Erediens I 22 Jan. I Dag en nag vir die Here

Nuwe lewe saam met Jesus - Stephan Joubert, 8 April 2018

Nuwe lewe saam met Jesus - Stephan Joubert, 8 April 2018

Ruil om, ruil op! Stephan Joubert [14 Junie 2020]

Ruil om, ruil op! Stephan Joubert [14 Junie 2020]

KSM Erediens | 12 Nov. | Is die einde hier?  (Stephan Joubert)

KSM Erediens | 12 Nov. | Is die einde hier? (Stephan Joubert)

DIE GEVAAR VAN NEGATIEWE DENKE IN JOU LEWE

DIE GEVAAR VAN NEGATIEWE DENKE IN JOU LEWE

27 Oktober | Stephan Joubert | Storie

27 Oktober | Stephan Joubert | Storie

23 Februarie 2020 | Mosaiek - Stephan Joubert | ek hunker na antwoorde

23 Februarie 2020 | Mosaiek - Stephan Joubert | ek hunker na antwoorde

© 2025 dtub. Все права защищены.



  • Контакты
  • О нас
  • Политика конфиденциальности



Контакты для правообладателей: [email protected]