Houtkruis

Welkom by Houtkruis

Ons is ‘n familie van gelowiges en aanbid die Vader YHVH, die seun Jesus (Yeshua) en die Heilige Gees (Ruach). Ons strewe is om nougeset te wandel volgens Sy Woord. Ons vier graag Abba Vader se Heilige Feeste soos in Levitikus 23. Ons het ‘n gesonde belangstelling in Hebreeus en beide Testamente as Abba Vader se onfeilbare Waarheid.

Ons glo dat die Woord van Abba Vader aan die mensdom gegee is en daarom bestudeer ons dit in diepte, vers-vir-vers, in die konteks van die Hebreeuse kultuur waarin dit geskryf is. Yeshua is die Weg, die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie. Die wet is nie vir verlossing nie en was nooit nie maar verduidelik wat sonde is.

Abba Vader is ‘n Vader van Verhouding en gee vir ons Sy instruksies om te lewe in ‘n verhouding wat saam met Hom wandel elke dag in verbond.

http://www.houtkruis.co.za/index.php/oorsig