Популярное

Музыка Кино и Анимация Автомобили Животные Спорт Путешествия Игры Юмор

Интересные видео

2025 Сериалы Трейлеры Новости Как сделать Видеоуроки Diy своими руками

Топ запросов

смотреть а4 schoolboy runaway турецкий сериал смотреть мультфильмы эдисон
dTub
Скачать

Toe vind ek jou. Deur Kate Rok

Автор: Kate Rok

Загружено: 2025-11-16

Просмотров: 596

Описание:

Dit was donker en bitterlik alleen… My seisoen van self was uitgeput en ek het God gesmeek vir my lewensmaat, Nie net iemand nie. My wederhelfte, my sielsgenoot… en daar kry ek, soos 'n uil in die nag, 'n groter geskenk in wesen-vorm as wat ek ooit oor kon droom. My honde word syne en syne word myne…
So tussen deur die seer, kom die lig en TOE VIND EK JOU!

Hantam Tankwa, ons Kamdeboo Karoo. Sandsteen berg 'n krans. Witkopuil, Maanhaarjakkals skuil. Alle stiltes verken. Visioene ontsluit. Magiese nag. Gelofte dag. Donkermaan. Newelslig. Onder U eed sal ons dans en sweef.

Ek en jy van tyd bevry.

Soos in die ou dae waaroor ek as dogtertjie gedroom het, werk ons twee en die gesinne, asook my 'made of honor' (vriend) vir maande lank kliphard op die plaas. Ons sny grasse en bome en maak die troubos skoon. Sonder elektrisiteit op 'n ruwe grondpad (in reënseisoen sonder modder) reis ons geliefdes deur die berge na ons stukkie hemel. Daar is honde en beeste. 'n Pad deur die mielieland word of gestap of ter perderkar aangedurf. God se huis is toweragtig in die bos. Dis teater op die plaas. Die swart perde het die mooiste wit vere in. Die plaasmeisies is opgetof in swart net, van kop tot toon pronk alles vir dié dag.

Ons geliefdes bring feesgeregte na die tafels, pa spit 'n paar skape en 'n gedeelde fees van liefde vind swang onder die mooiste maan, teen die hoogste sandsteen kranse. Die beeste stap huis toe onder Kothbiro se klanke. Die kinders sluit die vure oop terwyl ons stoor toe ry, huis toe kom. Die natuur is die dekor. Net ons en geliefdes en die tyd wat vir 'n oomblik stilstaan. Dis vasgevang. Net oomblikke van 'n sprokie.
Dis onverwoordbare tower. Dis rou en eg.

"Dis nou twaalf volle mane sedert ons getroud is, op die volmaan dag van die 16e November, op die plaas Madeira…in die maande wat volg het ek Kate Rok en haar mede personas, of Kate Rokke soos ek hulle noem, ontmoet soos wat hulle een-vir-een by ons huis opgedaag het. Elkeen met 'n ander storie, melodie en 'n harmonie…met 'n kappie en 'n ou tas….woord en sang aan't weef…' so spreek my man die gaste by WEEF se vrystelling toe. En met elke woord smelt ek. Ek het hom gevind. deur God se genade alleen.

Toe vind ek jou. Deur Kate Rok

Поделиться в:

Доступные форматы для скачивания:

Скачать видео mp4

  • Информация по загрузке:

Скачать аудио mp3

Похожие видео

Afrika Reën

Afrika Reën

Maangenade

Maangenade

O Boereplaas

O Boereplaas

Wilgerlied

Wilgerlied

Steve, Bobby, Bok, Jay en Ruhan - Die Land (Amptelike Video)

Steve, Bobby, Bok, Jay en Ruhan - Die Land (Amptelike Video)

Staat

Staat

Verlate

Verlate

Reënboogdans

Reënboogdans

© 2025 dtub. Все права защищены.



  • Контакты
  • О нас
  • Политика конфиденциальности



Контакты для правообладателей: [email protected]