Популярное

Музыка Кино и Анимация Автомобили Животные Спорт Путешествия Игры Юмор

Интересные видео

2025 Сериалы Трейлеры Новости Как сделать Видеоуроки Diy своими руками

Топ запросов

смотреть а4 schoolboy runaway турецкий сериал смотреть мультфильмы эдисон
dTub
Скачать

Die Here vervang Menslike leierskap Ds Gustav Opperman Grendelpreek

Автор: Woorde uit sy Woning

Загружено: 2020-08-08

Просмотров: 2698

Описание:

Wat die leierskap vir die Afrikaners betref: Daar is toe nie ‘n Delarey wat die Boere kon lei nie! Dan is dit geen wonder dat so baie mense – so baie seuns en dogters die land verlaat nie. Dan is dit asof hierdie kontinent sy naam gestand doen, die naam wat van vanaf die vroegste tye daaraan gegee is:
Donker Afrika! Afrika sonder lig. Sonder leiding. Leierloos. Woordverkondiging uit Jes 3 & 9, ds Gustav Opperman, GK Matlabas.

As daar nou één kenmerk is van die omstandighede waarin ons leef,
dan is dit leierloosheid.
Maak 'n lys van leiers op die kontinent van Afrika ...
Plaas die leiers van hierdie land onder die vergrootglas
u sal geen groot leier of staatsman vind nie …
Inteendeel ...
Kyk u na die ekonomiese krisis, die elektrisiteitskrisis,
die misdaadkrisis en die Covid-krisis wat Suid-Afrika bedreig,
sal u waarskynlik met my saamstem:
daar is geen behoorlike leierskap nie.

In baie gevalle is die sondes van die vorige bedeling
net so deur die nuwe bedeling oorgeneem:
korrupsie …
baantjies vir boeties.

Maar ook op kerklike terrein soek u tevergeefs na sterk leiding.
Daar is 'n gesagskrisis in die kerk.
Daar is 'n probleem met die jeug.
Sinodes word bang om standpunt in te neem
Die grootste Afrikaanse kerk wil nie standpunt inneem nie.
Verskynsels soos dobbel, saamwoon word goedgepraat
Homoseksualiteit word goedgekeur.
Teologiese professore weerspreek die Bybelse leer openlik
en niemand kan of wil hulle vasvat nie.

Gebrek aan leiers.

Donker Afrika
sonder lig
sonder leiding
leierloos …

En tog, Broeders en Susters,
Tog, as ons Jesaja so lees dan sien ons
dat die Here wel aan ons 'n Leier gegee het …
'n Lig wat helder skyn … ook in donker Afrika …
Vir ons is 'n Seun gebore! sê ons teksgedeelte.

Enersyds sien ons
dat die Here elke stut, elke steunpilaar,
elke leier uit die samelewing verwyder …
totdat vroue en kinders die volk later regeer.
Andersyds gee Hy 'n Seun
'n Seun wat sal heers tot in ewigheid.

Die Here vervang menslike leierskap met goddelike leierskap.

Bron: Jesaja 3 & 9
Die Here vervang Menslike leierskap
Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas GK Matlabas
2020 08 02

Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening!
Skryf asb in op ons YouTube kanaal! Tik/Kliek op Woorde uit sy Woning
1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word vanaf [email protected]
Besoek gerus #uitdiepvandonkernagte op FB.
Please watch: "Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 Reformation 500" (Lokfilm)    • Uit Diep van Donker Nagte Reformation 500 ...  
2) Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks: Skryf in op ons poslys by [email protected]
3) Van ons preke het Afrikaanse en Engelse onderskrifte en is dus meer toeganklik.
4) Beskikbaar:
Bybelstudie CD-reeks: Ps 1-50 (25 CD's)
Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake.
Kontak ons: [email protected]
6) Besoek ons Faceboek-blaaie: WoordeuitsyWoning en Gereformeerde Kerk Matlabas en teken asb in!
7) Ons gemeente is 102 jaar oud.
Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor.
Ons kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
Indien u GK Matlabas Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op [email protected] Ons sal dit waardeer.

Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Ps 65 & Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za [email protected]
Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers

Die Here vervang Menslike leierskap Ds Gustav Opperman Grendelpreek

Поделиться в:

Доступные форматы для скачивания:

Скачать видео mp4

  • Информация по загрузке:

Скачать аудио mp3

Похожие видео

Wat is die Ewige Lewe? Joh 17 Ds Gustav Opperman GK Outjo @WoordeuitsyWoning

Wat is die Ewige Lewe? Joh 17 Ds Gustav Opperman GK Outjo @WoordeuitsyWoning

God beloof: Ek is met jou! Altyd. Orals. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning

God beloof: Ek is met jou! Altyd. Orals. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning

Hoe kry ons kerkmense betrokke? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Luk 5

Hoe kry ons kerkmense betrokke? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Luk 5

Eiewillige godsdiens Ds Gustav Opperman HK Troosreeks uit die Psalms#46 Psalm 106 HK35 Tweede Gebod

Eiewillige godsdiens Ds Gustav Opperman HK Troosreeks uit die Psalms#46 Psalm 106 HK35 Tweede Gebod

God se verlossing gee mannemoed ( Rigters 4). Ds. Schalk Strauss

God se verlossing gee mannemoed ( Rigters 4). Ds. Schalk Strauss

Ewige Kandelaar  Sagaria 4:6 Ds Gustav Opperman GK Innesdal @WoordeuitsyWoning​

Ewige Kandelaar Sagaria 4:6 Ds Gustav Opperman GK Innesdal @WoordeuitsyWoning​

Die waarheid aan splinters! Wat is Waarheid/Fake News? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning

Die waarheid aan splinters! Wat is Waarheid/Fake News? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning

My dae maak saak! Ds Gustav Opperman Grendelpreek  Woorde uit sy woning

My dae maak saak! Ds Gustav Opperman Grendelpreek Woorde uit sy woning

1 miljoen stukkende Bybels? Afrikaner lees jy jou Bybel? Ds Gustav Opperman Hand 17, 1 Thess

1 miljoen stukkende Bybels? Afrikaner lees jy jou Bybel? Ds Gustav Opperman Hand 17, 1 Thess

Sonde van geestelike onvrugbaarheid (Nuttelose hout) Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Eseg15

Sonde van geestelike onvrugbaarheid (Nuttelose hout) Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Eseg15

Nie onmoonlik vir God! Hand 2; Eseg 37 NG Parys Suid Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

Nie onmoonlik vir God! Hand 2; Eseg 37 NG Parys Suid Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

God stoei met ons (Volledige Erediens Gen 32) Ds Gustav Opperman GK Ventersburg @WoordeuitsyWoning

God stoei met ons (Volledige Erediens Gen 32) Ds Gustav Opperman GK Ventersburg @WoordeuitsyWoning

Raaisels uit die Voortyd Ps 78 Doop Bealise v Zyl GK Colesberg @WoordeuitsyWoning

Raaisels uit die Voortyd Ps 78 Doop Bealise v Zyl GK Colesberg @WoordeuitsyWoning

Kinders in die hemel - 'n Ewigdurende jeug! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning

Kinders in die hemel - 'n Ewigdurende jeug! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning

37) Lofpsalms in boeie Bybelstudie uit Hand 16:19- 40 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

37) Lofpsalms in boeie Bybelstudie uit Hand 16:19- 40 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

Die Reglynige Waarheid Bybelstudie uit Hand 17:15 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

Die Reglynige Waarheid Bybelstudie uit Hand 17:15 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

35) Die Gees verander ons. Bybelstudie uit Hand 15:35 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

35) Die Gees verander ons. Bybelstudie uit Hand 15:35 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

105) 'n Valse Hemel (Volledige Erediens: Luk 9) Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

105) 'n Valse Hemel (Volledige Erediens: Luk 9) Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

Geesvervulde stryd teen die sonde van owerspel (Gen. 38). Ds. Schalk Strauss.

Geesvervulde stryd teen die sonde van owerspel (Gen. 38). Ds. Schalk Strauss.

36) Europa binnegeval! Bybelstudie uit Hand 16:9-18 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

36) Europa binnegeval! Bybelstudie uit Hand 16:9-18 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

© 2025 dtub. Все права защищены.



  • Контакты
  • О нас
  • Политика конфиденциальности



Контакты для правообладателей: [email protected]