Nisboere 6 | Episode 5 | Bushvalley Hoenderplaas
Автор: Cornè Liebenberg
Загружено: 2021-09-27
Просмотров: 195
TV- en teaterlegende Chris van Niekerk vergesel Phillip Venter op ʼn besoek aan Bushvalley Chickens om die braaikuikenbedryf uit te pluis.
Van die boubedryf tot suksesvolle braaikuikenonderneming – dís hoe Ian Preece en sy vennote hul boerderydroom verwesenlik het. Bushvalley Chickens is een van die voorste braaikuikenboerderye in die noorde van die land en reeds meer as ʼn dekade by die bemagtiging van kontrakboere in die Tzaneen-omgewing betrokke. Om sowat 4 miljoen braaikuikens per maand te lewer, 29 hokke te onderhou én boonop ʼn abattoir te bedryf, verg fyn beplanning en ʼn presisiebenadering wat slegs deur middel van spanwerk en die samewerking van toegewyde kontrakteurs moontlik is.
Kontakbesonderhede
Ian Preece
082 826 6668
[email protected]
Voedselsekerheid en landbou-ontwikkeling lê Laeveld Agrochem na aan die hart. Die Nisboere-TV-reeks is 'n vervolgverhaal van 'n mostertsaadjie van geloof: die oortuiging dat enigiemand met 'n bietjie inspirasie en baie passie, 'n suksesvolle, volhoubare bestaan kan skep. Kyk SAAM met ons na ander episodes propvol "Nisboer-planne". Besoek: https://laeveld.co.za/nisboere-seisoen-6
Kom ons werk saam om ons pragtige land te herBOU deur landBOU.
Laeveld Agrochem - SAAM boer ons vooruit!
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео mp4
-
Информация по загрузке: